Om as ‘n finalis aangewys te word, het ons jou stem voor eerskomende Dinsdag, 21 Maart 2017 om 14:00 nodig.
SMS “Stilbaai” na 33157.
Sms’e kos R1-50.
Die wendorp word op 7 Junie 2017 op Kwêla aangekondig.
Die dorp met die meeste stemme word as Kwêla se Dorp van die Jaar aangewys. Die dorp wen ’n ongelooflike R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET.
Homebrew Films, die vervaardigers van Kwêla, sal ’n 30-sekonde-advertensie oor die dorp maak, wat gedurende kykNET se advertensietyd uitgesaai sal word.
Daar sal ook ’n groot partytjie in die wendorp gehou word – musiek, kos, pret en sommer baie van daai wendorp-gees! Kwêla sal weer daar wees om dit te verfilm, en dit sal later die jaar uitgesaai word.