Profile
Volledige toegeruste Selfsorg Akkomodasie
Gouritz SeeHuisie is ‘n bekoorlike huis in Gouritsmond, ‘n skilderagtige kusdorpie wat beide ‘n gewilde vakansiebestemming en ‘n rustige toevlugsoord is.
Gouritz SeeHuisie is `n knus selfsorg woonstel, met slaapplek vir tot 4 gaste. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers, ‘n en suite-badkamer, ‘n kombuis en ‘n gemaklike leefarea. Die hoofslaapkamer is gemeubileer met ‘n dubbelbed en het ‘n en suite-badkamer met ‘n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ‘n stapelbed, ideaal vir 2 kinders of tieners. Daarbenewens kan, op versoek, nog 2 kinders of tieners op ‘n dubbelslaapbank in die sitkamer gehuisves word.
Daar is ook `n heerlike buite area met `n braai en tuinbanke.
Die woonstel is apart van die hoofhuis en bied privaatheid met ‘n aparte ingang en veilige parkering agter ‘n elektronies beheerde hek. Kinders kan ‘n ruim grasperk voor die hoofhuis geniet vir buitespeel.
Die huis is net 2 minute se stap van die hoofstrand af en ongeveer 15 minute van die strandmeer af.
Gouritsmond is ideaal vir diegene wat op soek is na ‘n ontsnapping uit die gewoel van die stadslewe. Besoekers kan voëlkyk en wildlewe besigtig, die strand verken en selfs walvisse tussen Julie en November sien. Hase, konyne, bokke, fisante en uile is af en toe besoekers aan die eiendom. Die dorp bied ook ‘n paar winkels en restaurante wat heerlike plaaslike geregte bedien.
Map
Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.
Sorry, unable to load the Maps API.




