Hessequa Harmonie
This spring, the annual Hessequa Harmonie brings top local artists and lovers of classical music and art together from 20 to 24 September in Heidelberg in the Southern Cape with a stellar line-up to celebrate its fifth anniversary.
There is something for the whole family with classical music, light music, book discussions, art exhibitions, drama productions and more to stimulate all the senses.
Die jaarlikse Hessequa Harmonie-fees bring hierdie lente top plaaslike kunstenaars en liefhebbers van klassieke musiek en kuns in die platteland bymekaar. Vanjaar word Hessequa Harmonie vyf jaar oud en bied ‘n uitsonderlike program van 20 tot 24 September in Heidelberg in die Suid-Kaap.
Daar is iets vir die hele gesin met klassieke musiekkonserte, boekbesprekings met gewilde skrywers oor ontbyt, kunsuitstallings en ligte musiek.
Musiekliefhebbers kan uitsien na die ATKV Galakonsert met die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes onder leiding van dirigent Brandon Phillips, Coenie de Villiers en die gewilde piekniekkonsert met Pietman Geldenhuys en Schalk Joubert.
Boekwurms kan luister hoe Elsabé Daneel met skrywers soos Jan van Tonder, Ernst Grundling en Helena Gunter by die boeke brekfis in die historiese Fourie-huis gesels. Gaste kan hulle ook verlustig in kosstories van die glanskokke Herman Lensing en Yolani Abrahams by VIA Kook en Klassiek. Daar is ook dramaproduksies en kunsuitstallings om ‘n fees vir al die sintuie te bied.
Kaartjies kan aanlyn bespreek word by plankton.mobi of in Heidelberg gekoop word by Karee Tree Designs.
Kontak 082 517 0858 vir algemene navrae.
Volledige program beskikbaar by www.hessequaharmonie.co.za
Date
- 2022 Sep 20 - 24
- Expired!